GrainTech Safex Opleiding

Ek het ‘n BSc Agric Graad in Akkerbou, en Honneursgraad in Besproeiing Bestuur, en  B Inst Agrar Honneurs in Landbou Voorligting.

Ek is vanaf 2001 in die Graan Bedryf betrokke, en was werksaam by NWK en Suidwes Landbou. My eie besigheid GrainTech Risikobestuur het ek in 2006 begin.

Ek het die opleiding aanvanklik begin om produsente beter te help oor hoe om Safex te gebruik vir Graan Prysing en Risikobestuur.

Ek bied al die afgelope 12 jaar Safex opleiding kursusse aan.

Produsente wat die opleiding kursus bygewoon het maak dan ‘n Safex rekening oop wat gebruik word vir die Prys bestuur en Strategie Posisies wat ons inneem.

Ek is ‘n Safex Geregistreerde Trader en het ‘n branch by BVG (Bosveld Graan) deur wie ek die verhandelings doen.

Sien hier meer oor BVG.

Vir meer inligting kontak Josua Colyn 0766339043


Opleiding word aan individue of groepe aangebied

Opleiding koste beloop R2,200 + BTW, dus R2,530 per deelnemer.

Vir groter groepe kan alternatiewe reëlings getref word.

Ek verkies om die opleiding by ‘n fisiese venue aan te bied, maar dit word ook aanlyn as ‘n Teams Meeting aangebied.


Daaglikse en Weeklikse Strategie en Prys bestuur voorstelle

Aanvullend tot die Opleiding Kursus stuur ek daagliks die volgende aanvullende inligting aan klante:

 Voorstelle oor moontlike verskansing en spekulasie strategieë vir die spesifieke tyd van die jaar.

Grafiek ontleding, korttermyn en langtermyn,  word ook daagliks opdateer en gestuur.

Produsente of aankopers wat ‘n Safex rekening by my het kry hierdie info elke dag per WhatsApp.

Comments are closed.