Moet ek my mielies in ‘n Silo dra, of Safex posisies koop. Wat is goedkoper.

Met Safex pryse op die oomblik nogal goedkoop, en waarskynlik vir meeste produsente dalk onder produksiekoste vir die nuwe seisoen se mielies, wil jy dalk met deel van jou huidige oes in die mark bly.

Daar is natuurlik ook die dreigende El Nino vir die nuwe seisoen, maar die weer is maar moeilik om vooruit te voorspel.

Indien jy jou mielies in Silo gaan hou gaan jy Drakoste betaal en daar is ‘n Rente faktor (verskillende produsente kan natuurlik verskillende stoor tariewe en rente koste hê, maar die behoort ‘n goeie aanduiding te wees).

  1. Seisoen Stoor tarief lyk na so R166 per ton oppad na 1 Desember 2026 en 1 Maart 2027.
  2. Rente faktor is die aantal dae teen 10%.

Hier is my Stoorkoste Berekening:

Safex vorentoe maande verdiskonteer ook drakoste, maar op die oomblik is die koste heelwat goedkoper as die werklike drakoste van mielies in Silo.

Sien my berekeninge hier onder.

Dit beteken dat jy Safex posisies in Desember en Maart heelwat goedkoper vooruit kan koop as wat jou werklike drakoste vir mielies in die silo vir dieselfde periode gaan wees.

Indien jy jou mielies verkoop gaan jy ‘n deel van die geld, dalk so 25%, in Safex moet sit om ‘n posisies daar in te neem. Maar jy verdien darem rente op die geld.

Die belangrike besluit dan sal weer oor watter tipe Safex posisies jy wil inneem.  Elkeen het voor en nadele, en verskillende risiko’s en wins oogmerke.

  1. Future
  2. Call Opsie
  3. Opsie strategie soos die Opsie 3Way

Kontak my asb vir meer inligting hieroor. Sel: 0766339043

Die 70/30 Graan Bemarking Strategie

Hoe werk die 70/30 Graan Bemarking Strategie

  1. Jy pryse en verkoop jou mielies.
  2. Die Landbou besigheid gee jou 70% van die waarde nadat die Basis en ander kostes afgetrek is.
  3. Hulle hou dan 30% terug vir marge en mark beweging risiko, en sit jou terug in die mark (met waarskynlik) ‘n lang future in Desember of Maart.
  4. Jy sal hopelik rente op die 30% fondse verdien.
  5. Jy kan dan enige tyd prys, of jou posisie vorentoe rol.

Opsommend:

Dis ‘n redelik eenvoudige strategie, as jy reeds ‘n Safex rekening het kan jy dit self doen en meer direkte beheer oor jou posisie hê.

Jy ruil jou fisiese mielies vir ‘n future, in plaas van om dit in ‘n silo te dra.

Jy genereer kontantvloei, maar bly in die mark.

Jy verdien darem rente op die fondse in jou Safex rekening:

Margin Account = Safex koers – tans 6.67%

Call Account = Safex koers minus 2% – maw tans 4.67%

Belangrik:

Jy kan ‘n Future koop, MAAR oorweeg dalk om met iets wat minder risiko het terug te klim.

Jy kan verskillende Opsie strategieë oorweeg, waarvan die Opsie 3 Way die gewildste is op die oomblik.

Ons kan dit in Desember, Maart of Julie volgende jaar struktureer.

Indien jou Lang Posisies by my (BVG) in jou Safex rekening lê kan ek jou op enige tyd presies wys wat jou wins of verlies is.

Voorbeeld: Wins en Verlies Opsomming:

Voorbeeld: Ek kan ook wys op watter dag jy teen watter prys gekoop het.

Beskerming van Lang Opsie 3Way, of Future Posisies as pryse Bearish Draai

Met CBOT wat maar Bearish lyk afgelope 2 weke, en ons pryse wat ook die week onder druk was, sal ons moet sien wat volgende paar weke gaan gebeur as die stropery spoed optel.

Onthou dit is moontlik om die Opsie 3 Way te beskerm (of lang futures toe te maak).

Daar is natuurlik soos alle Safex posisies kans dat jy verkeerd gaan wees.

Dit lyk altyd makliker na die tyd as wat die grafieke dit laat lyk.

Kontak my asb as julle belangstel.

Metode:

Ek probeer dit op ‘n Expert baseer wat ek al lankal gebou het, in ander woorde meganiese besluite.

Dit haal die emosie effens uit besluite.

Kyk na die voorbeeld hier onder.

Ek gebruik die 30 min grafiek met die GrainTech 5 Expert om die Trend te bepaal.

ROOI is Bearish, GROEN is Bullish.

Vir die trigger om posisies in te neem gebruik ek die 10 min Grafiek.

Daar kyk ek na die Expert se ROOI en GROEN Candles, maar ook na die Stochastic se Continuation trades wat op die 10 min grafiek deur die SELL of S simbole aangedui word.

Voorbeeld:

Kyk na die 30 min Grafiek wat ROOI gekleur het op omtrent 20 Junie. Trend is dus nou Bearish.

Kyk na die 10 minute grafiek vir dieselfde periode (blou stippel lyn blok).

Fokus op die SELL en S, ROOI pyle, veral belangrik dat die Stochastic ook terugtrek na bo die NUL lyn en dan weer kruis vir ‘n SELL.

Alhoewel dit nie perfek is nie, sou ‘n verkoop op amper al die SELL seine op die 10 min grafiek ‘n goeie resultaat gegee het.

Sodra die TREND op die 30 min weer GROEN kleur moet ons wins vat op al die kort posisies.

Ons kan natuurlik enige tyd wins op die kort posisies neem.