Wmaz Bearish 3 Way Opsie Strategie opdateer 3 Februarie 2026
JULLE MOET MY ASB KONTAK OM DIT BETER TE VERDUIDELIK
Onthou, as jy jou oes verskans het jy twee posisies.
- Fisiese mielies op die land (dit is ‘n lang posisie).
- En ‘n tipe Safex posisie. Dalk kort futures of een of ander bearish opsie strategie.
Afhangend van hoe die pryse beweeg gaan die een geld maak, en die ander een geld verloor.
As ‘n verskansing posisie kan jy:
- Verkoop ‘n future, dan is jy 100% verskans.
- Koop ATM (At The Money) PUT opsie wat jou ‘n minimum prys gee. Jy betaal ‘n premie koste vir die PUT.
- Doen ‘n Bearish Opsie 3 Way strategie.
As jy dalk wil prys, maar is bang mark kan dalk nog styg, kan jy oorweeg om Bearish 3 Way Opsie Strategie hier te doen.
• Dit maak jou Opsie koste baie goedkoper.
• As pryse sou styg kan jy deel in die styging.
• MAAR, dit beperk jou wins na die onderkant as pryse baie ver sou val.
• Dit las ook risiko by as pryse dalk kwaai sou styg.
Dit werk as volg:
· Koop PUT opsie vir minimum prys
· Verkoop PUT opsie laer af vir premie inkomste
· Verkoop CALL opsie hoër op vir premie inkomste
Moontlike resultaat:
· As pryse net hier bly tot in Junie maand, is dit jou prys, min koste.
· As pryse val tot by die PUT wat jy verkoop het daar onder maak jy MAX wins op jou Safex rekening.
· Maar as pryse styg bo die Call daar bo gaan jy van daar af hoër, rand vir rand op jou Safex rekening verloor. Maar jy kan jou mielies vir baie beter prys verkoop.
· Maar die veronderstelling is dat jy fisies mielies teen die strategie gaan lewer, dit sal verliese teen die CALL uit kanselleer, maar daar kan groot kontantvloei risiko wees totdat jy die fisies lewer.
Sien Voorbeeld hier onder:
Hier wys ek wat met jou Safex Posisies gaan gebeur:

In die voorbeeld:
- Koop jy ATM 3500 PUT
- Verkoop 3000 PUT
- Verkoop 4000 CALL
Wins en Verlies Risiko lyk as volg:
- Die koste in die geval is R115 per ton.
- As pryse sou val tot by die 3000 PUT wat verkoop is maak jou Safex Rekening maksimum wins van R378.
- As pryse verder val kan jy nie meer wins maak nie, maar jou Safex rekening kan nie verloor nie, maar jou mielies op die land word minder werd.
- As pryse sou styg tot by die 4000 CALL wat verkoop is, verloor jy net die R115 koste.
- Maar, as pryse bo dit styg gaan jy Rand vir Rand op Safex begin verloor.
Maar natuurlik raak jou mielies op die land meer werd.
Kyk na die grafiek hier onder, dit wys die relatiewe vlakke waar ons die opsies gaan doen.
Dit gee jou ‘n idee van waar jou vlakke teenoor die vorige 6 jaar sou wees.



