Wat is verskansing posisies.
As jy ‘n produsent is en jy plant mielies het jy outomaties ‘n lang fisiese graan posisie. Nie as ‘n Safex posisie nie, maar op jou lande. Jy is dus nou reeds ‘n spekulant, en hoop pryse gaan styg.
Jy moet nou besluit of jy oppad na strooptyd jou pryse gaan begin vasmaak, of eers gaan stroop en dan prys.
As jy besluit om pryse te begin vasmaak sal jy gewoonlik ‘n Future verkoop of ‘n Opsie strategie doen.
Dit word dan ‘n verskansing posisie genoem. Jy verskans dus jou Lang fisiese mielies op die land met ‘n Kort Safex posisie.
Future:
- Jy maak ‘n prys met ‘n Kort Future vas as jy heeltemal gelukkig is met die prys.
- Die future wat verkoop word (kort future) doen jy gewoonlik by die instansie waar jy jou graan gaan lewer (NWK, SENWES, Cofco ens.), dit lê nie in jou eie Safex rekening nie.
- Jy sal dan sê jy het jou prys vasgemaak, jy weet presies wat jy gaan kry.
- ONTHOU: Jy het nou ‘n verpligte lewering risiko, en moet seker wees is jy gaan die tonne kan lewer, en jou graad gaan reg wees.
- Indien jy ‘n future verkoop is jy daarna prys neutraal, as pryse R100 styg maak jy R100 wins op jou fisies mielies op die land, maar verloor R100 op jou verskansing kort Future wat by jou graan aankoper se rekening op Safex lê.
Opsies:
- Jy gebruik opsies wanneer jy nie seker is wat om te doen nie, maar bang is pryse kan val.
- Jy het nog nie oes sekerheid nie, en wil nie die kans vat om vas te maak nie.
- Jy wil graag vasmaak maar wil nie uit verloor as pryse dalk styg oppad na strooptyd nie.
- ‘n Opsie Strategie gee jou gewoonlik ‘n minimum prys, maar jy kan ook deel in moontlike stygings.
- ‘n Opsie strategie het gewoonlik nie ‘n verpligte lewering risiko nie.
- Indien jy opsies sou gebruik om jou prys te verskans sal die opsies gewoonlik in jou eie Safex rekking lê.
- Belangrik, ons kan dit dus bestuur. Afhangend hoe ons die opsies bestuur kan jy van die premie wat jy betaal het terugkry.
- Opsies het ‘n koste, jy betaal ‘n premie vir die PUT wat jy koop.
- As pryse nou styg raak jou fisies mielies op die land meer werd, maar jy verloor al hoe minder met jou Safex opsies.
Natuurlik sal die tipe strategie wat jy gaan volg op enige oomblik bepaal word deur al die verskillende faktore wat ons pryse beïnvloed.
Byvoorbeeld:
- Wat gebeur in die VSA en res van die wêreld. Is pryse hoog of laag.
- Klimaat omstandighede soos El Nino, La Nina ens.
- Oordrag voorraad, en verhouding van Wmaz teenoor Ymaz.
- Wat is seisoenale tendense.
- Hoe lyk ons pryse relatief tot die verlede, en wat is die seisoenale tendense.
Kontak my vir verduideliking van gespesialiseerde verskansing strategieë.
Josua 0766339043


