Wmaz Ymaz Split, Langtermyn Spekulasie Strategie   Woensdag 27 Mei 2026

In “normale” jare wanneer daar soort van genoeg Wmaz en Ymaz voorraad beskikbaar is, is die split gewoonlik in Ymaz se guns. Dus Ymaz duurder as Wmaz.

Die Split wissel dan so tussen Ymaz + R200 duurder, en Ymaz – R200 goedkoper as Wmaz. Sien die grafiek hier onder.

Sodra Ymaz te duur raak kan gebruikers van Ymaz begin oorskuif na Wmaz gebruik.

In Jare met Wmaz opbrengs probleme, of Wmaz Graad Probleme,  kan die split groot in Wmaz se guns beweeg. Dit het in 2015, 2016, 2024 en 2025 gebeur. Wmaz raak dan Baie duurder as Ymaz.

  • Lyk op die oomblik of daar die jaar baie groot Wmaz en Ymaz oes gaan wees.
  • Maar dit was vir lang periodes baie nat met baie reën. Op die oomblik steeds so.
  • Ek weet nie wat die kans is vir Wmaz Graad probleme nie?
  • Daar word ook ‘n groot kans vir ‘n sterk El Nino voorspel in die nuwe seisoen in.

Voorstel:

  • Koop Dec26 of Mar27 Wmaz en verkoop Dec26 Ymaz of Mar27 Ymaz, verkieslik terwyl die Split nog in Ymaz se guns is.
  • Terwyl Ymaz duurder as Wmaz is, is die risiko om groot geld te verloor waarskynlik min.
  • As ek na die grafiek se geskiedenis kyk is die risiko waarskynlik nie meer as R100, of max R200 per ton nie.
  • As daar enige probleme met Wmaz kom kan jy geld maak. Dit kan opbrengs risiko of graad probleme wees
  • Marge Deposito: R28,900 per kontrak. Dis ongelukkig nogal duur, amper dieselfde as Wmaz Future.

Comments are closed.