

















Nou, die goeie nuus, as jy ‘n Safex rekening het kan jy presies dieselfde daar doen.
Jy gaan beter beheer oor jou posisies hê.
Jy kan jou Marge ook beter bestuur en fondse onttrek soos nodig.
Jy kan ook met inkremente wins neem. Dis ook maklik en goedkoop om indien nodig posisies vorentoe te rol.
Om dit te doen verkoop jy jou mielies, as jy lewer word die volle bedrag min Basis en ander koste aan jou uitbetaal.
Jy kan nou 30% in jou Safex rekening oorbetaal en posisies inneem soos nodig.
Ek kan die koop en verkoop bene Rug aan Rug doen om slippage te voorkom.
Belangrik om te onthou:
Jy verkoop bv. in Junie of Julie, maar koop in Des of Mar teen ‘n hoër prys, wat reeds drakoste verdiskonteer.
Dis ‘n redelik eenvoudige strategie, as jy reeds ‘n Safex rekening het kan jy dit self doen en meer direkte beheer oor jou posisie hê.
Jy ruil jou fisiese mielies vir ‘n future, in plaas van om dit in ‘n silo te dra.
Jy genereer kontantvloei, maar bly in die mark.
Jy verdien darem rente op die fondse in jou Safex rekening:
Margin Account = Safex koers – tans 6.67%
Call Account = Safex koers minus 2% – maw tans 4.67%
Teen huidige relatief lae pryse maak dit sin om in mark terug te kom.
MAAR oorweeg eers al die risiko’s en verskillende alternatiewe.
Jy kan ‘n Future koop, MAAR oorweeg dalk om met iets wat minder risiko het terug te klim.
Jy kan verskillende Opsie strategieë oorweeg, waarvan die Opsie 3 Way die gewildste is op die oomblik.
Ons kan dit in Desember, Maart of Julie volgende jaar struktureer.
Indien jou Lang Posisies by my (BVG) in jou Safex rekening lê kan ek jou op enige tyd presies wys wat jou wins of verlies is.






