Tydwaarde van Opsies, en hoe dit ‘n Opsie 3 Way se kontantvloei beweging beïnvloed – opdateer  1 Junie 2026

Jammer vir die omslagtige verduideliking, maar dit is belangrik dat julle verstaan hoe tydwaarde die wins en veral risiko beïnvloed, veral as jy groot posisies het.

In die verduideliking kyk ek na ‘n Bullish Mar27 Wmaz Opsie 3 Way.

Dit werk as volg:   

  1. Koop CALL opsie, betaal premie daarvoor  
  2. Verkoop CALL opsie hoër op vir premie inkomste                                    
  3. Verkoop PUT opsie laer af vir premie inkomste

Opsies het ‘n Opsie Premie, dit die koste of waarde van die opsie op enige stadium.

Die Premie word hoofsaaklik opgemaak deur tydwaarde. Hoe langer vooruit opsie vervaldag is, hoe duurder is die Premie.

Soos wat tyd verbygaan erodeer die tydwaarde elke dag, eers stadig en nader aan opsie verval al hoe vinniger, tot daar op Opsie vervaldag niks tydwaarde oor is nie.

  • In die voorbeeld hier bo koop ons die 3440 Call vir R315 per ton. Op vervaldag het jy die R315 verloor, natuurlik as die mark styg gaan die Call wins maak, maar jy verloor steeds die R315 wat jy daarvoor betaal het.
  • Maar ons verkoop die 4140 Call daar bo vir R102 premie inkomste, solank die mark net nie bo die strike van 4140 gaan nie bank ons die volle premie wins op vervaldag.
  • Op dieselfde manier verkoop ons die 3040 PUT onder vir R135 premie inkomste. Solank pryse op vervaldag net nie onder die 3040 strike gaan nie bank ons die volle premie wins.

Belangrik: Ons verkoop die Call en Put om die hele strategie bekostigbaar te maak, want die Call wat ons koop is op sy eie nogal duur.    

Onthou, op Opsie Verval Dag:                                                                        

  • Jou Max wins is by die Call wat ons bo verkoop, maar jy kan nie geld verloor as mark daar verby gaan nie.                                                                 
  • As pryse val tot by die PUT wat ons onder verkoop verloor jy net die koste.                        
  • As pryse onder dit val gaan jy Rand vir Rand op Jou Safex rekening inbetaal.

Maar oppad na Opsie Vervaldag kan dit effens anders lyk. Dit het alles te doen oor hoe die Opsies wat jy gekoop en verkoop het Tydwaarde verloor.  

      

Kyk na die grafiek hier onder.

Die ROOI lyn wys die Wins en Verlies risiko op Vervaldag teen verskillende prys vlakke. Vervaldag in die geval nog 265 dae weg op 22 Februarie 2026.

Die Blou stippellyn wys die Wins en Verlies risiko teen verskillende prys vlakke 60 dae van nou af, dus 31 Julie 2026.

  1. Met daling tot by 3080 verloor jy net jou koste van omtrent R8,201 per 100 ton kontrak. Onder dit begin jy soos future verloor. Maar 60 dae van nou af sal jy op dieselfde vlak reeds R20,645 in verlies wees. MAAR Belangrik: as mark net hier sou bly tot Opsie Vervaldag gaan die verlies elke dag kleiner word, en op Opsie verval, op die 3080 vlak sal jou verlies net jou koste van R8,201 wees. Dit beteken dus dat as mark op die korttermyn vinnig en ver val jy dalk “tydelik” meer gaan moet inbetaal as wat ons verwag het.
  2. Dit wys dat die Opsie winsgewend sal word vanaf omtrent 3560, maar 60 dae van nou af sal jy reeds effens meer wins hê.
  3. Die Max wins van R60,750 per kontrak is by prys van omtrent 4160. MAAR 60 dae van nou gaan daar nog net R35,166 wins wees. As jy my daai dag bel en sê ons is nou daar bo ek moet al die wins vat, gaan ons nog nie R60,750 maak nie, net R35,166.

Comments are closed.