Voorbeelde van Daaglikse Info wat uitgestuur word.
Grafieke om dop te hou Dinsdag 13 Januarie 2026
Wmaz en Ymaz Prysing 60 min
Wmaz vanoggend weer baie sterk na Vrydag se sterk sluiting.
- Was netnou limiete op teen +R150
- Tegnies by sterk skuins weerstand lyn, dit is soort van die 1e teiken van die dalende wig formasie wat ek Vrydag gewys het.
- Sterk horisontale weerstand na bo op 3900
- Ymaz ook heelwat sterker.
Safex Wmaz, Ymaz sluit vir die eerste keer in lang tyd nogal sterk.
Lyk of Mar26 Wmaz op die 60 min grafiek ‘n dalende wig formasie na die bokant breek .
- Teiken omtrent R3700
- Breek op Prys en RSI trendlyne na bo.
- Sal moet sien wat volgende week gaan gebeur.



