Safex Tegniese Grafieke Maandag 01 Junie 2026

‘n Selfoon skerm is maar klein om na die grafieke te kyk, maak liewer oop op WhatsApp Web op jou rekenaar.

  • R$ sywaarts vanoggend, Brent effens goedkoper.
  • CBOT swakker, veral Corn en Wheat lyk nou al vir paar dae redelik Bearish.
  • Wmaz en Ymaz nogal onder druk Maandag, dalk teken van stroop druk wat kan begin?

  Wmaz:

  • Jul26 Wmaz sluit Maandag swakker.
  • Sterk ondersteuning onder op die Jaar se laag 3100.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI Candle, die trend aan Bearish kant van 100 mva.

Ymaz:

  • Jul26 Ymaz sluit Maandag swakker, by laagste vlakke die jaar.
  • Sterk ondersteuning onder op die Jaar se laag 3250.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI, die trend aan Bearish kant van 100 mva.

Suns:

  • Jul26 Suns sluit Maandag weer swakker, het afgelope 4 weke R700 geval. Laagste vlakke die jaar.
  • Suns 60 min Grafiek:  ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100mva.
  • Suns Dag: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100mva.

Soya:

  • Jul26 Soya sluit Maandag swakker.
  • Eintlik redelik sywaarts vanaf begin Maart, geen duidelike rigting.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • Dag Grafiek: GROEN Candle. Trend Sywaarts.

Koring:

  • Jul26 Wheat sluit Maandag swakker. Erg onder druk afgelope 3 weke.
  • Die 60 min Grafiek:  ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • Dag Grafiek: ROOI Candle, Trend aan Bearish kant van 100 mva.

Safex Corn:

  • Jul26 Corn sluit Maandag swakker. Het al R300 geval afgelope 2 weke.
  • Met die R$ en CBOT wat baie volatiel is, beweeg Safex Corn ook redelik volatiel op en af afgelope 2 maande.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI Candle, die trend aan Bearish kant van 100 mva.

Safex Tegniese Grafieke Maandag 01 Junie 2026

‘n Selfoon skerm is maar klein om na die grafieke te kyk, maak liewer oop op WhatsApp Web op jou rekenaar.

  • R$ sywaarts vanoggend, Brent effens duurder.
  • CBOT swakker.
  • Wmaz nogal onder druk Donderdag, dalk teken van stroop druk wat kan begin? Sluit heelwat swakker as Corn en Ymaz.

  Wmaz:

  • Jul26 Wmaz sluit Vrydag swakker.
  • Sterk ondersteuning onder op die Jaar se laag 3100.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI Candle, die trend aan Bearish kant van 100 mva.

Ymaz:

  • Jul26 Ymaz sluit Vrydag swakker.
  • Sterk ondersteuning onder op die Jaar se laag 3250.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI, die trend aan Bearish kant van 100 mva.

Suns:

  • Jul26 Suns sluit Vrydag swakker, het afgelope 4 weke R550 geval. By laagste vlakke die jaar.
  • Bly Intra Dag BAIE volatiel.
  • Suns 60 min Grafiek:  ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100mva.
  • Suns Dag: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100mva.

Soya:

  • Jul26 Soya sluit Vrydag swakker.
  • Eintlik redelik sywaarts vanaf begin Maart, geen duidelike rigting.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • Dag Grafiek: GROEN Candle. Trend Sywaarts.

Koring:

  • Jul26 Wheat sluit Vrydag swakker. Onder druk afgelope3 weke.
  • Die 60 min Grafiek:  ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • Dag Grafiek: ROOI Candle, Trend aan Bearish kant van 100 mva.

Safex Corn:

  • Jul26 Corn sluit Vrydag swakker, heelwat geval afgelope week.
  • Met die R$ en CBOT wat baie volatiel is, beweeg Safex Corn ook redelik volatiel op en af afgelope 2 maande.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI Candle, die trend aan Bearish kant van 100 mva.

Safex Tegniese Grafieke Vrydag 29 Mei 2026

‘n Selfoon skerm is maar klein om na die grafieke te kyk, maak liewer oop op WhatsApp Web op jou rekenaar.

  • R$ heelwat sterker vanoggend, Brent goedkoper.
  • Wmaz nogal onder druk Donderdag, dalk teken van stroop druk wat kan begin? Sluit heelwat swakker as Corn en Ymaz.

  Wmaz:

  • Jul26 Wmaz sluit Donderdag heelwat swakker.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI Candle, die trend aan Bearish kant van 100 mva, alhoewel redelik sywaarts afgelope 3 weke..

Ymaz:

  • Jul26 Ymaz sluit Donderdag  swakker.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI, die trend aan Bearish kant van 100 mva.

Suns:

  • Jul26 Suns sluit Donderdag sterker, maar het afgelope 4 weke R550 geval. By laagste vlakke die jaar.
  • Bly Intra Dag BAIE volatiel.
  • Suns 60 min Grafiek:  ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100mva.
  • Suns Dag: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100mva.

Soya:

  • Jul26 Soya sluit Donderdag sterker.
  • Eintlik redelik sywaarts vanaf begin Maart, geen duidelike rigting.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • Dag Grafiek: GROEN Candle. Trend Sywaarts.

Koring:

  • Jul26 Wheat sluit Donderdag swakker. Onder druk afgelope 2 weke, het al R280 geval.
  • Die 60 min Grafiek:  ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • Dag Grafiek: ROOI Candle, Trend aan Bearish kant van 100 mva.

Safex Corn:

  • Jul26 Corn sluit Donderdag sterker.
  • Met die R$ en CBOT wat baie volatiel is, beweeg Safex Corn ook redelik volatiel op en af afgelope 2 maande.
  • Die 60 min Grafiek: ROOI Candle. Trend aan Bearish kant van 100 mva.
  • DAG Grafiek: ROOI Candle, die trend aan Bearish kant van 100 mva.

Die vloede in die Wes-Kaap by die Breë Rivier Meimaand 2026

Die vloede in die Weskaap by die Breë Rivier was grootste in meer as 100 jaar. Die water kom hoofsaaklik vanaf Ceres/Slanghoek omgewing wat baie reën gekry het.

Baie huise en ander eiendomme wat bo die “100 jaar vloedlyn” gebou is het in die slag gebly. Skade aan boorde en wingerde was ook baie groot.

Die piek van die vloed was vir net vir omtrent 24 uur, na 2 dae was die rivier weer “normaal”.

In Bonnievale self het die rivier omtrent 300 to 400 meter na die kante oor die walle gestroom. Main Road in Bonnievale wat nogal ver van die rivier af is was gedeeltelik onder water.

Na amper twee weke het baie dele langs die rivier nog nie weer krag nie.

Baie van die kanaal stelsels wat besproeiing water voorsien het ook erg skade gekry.

Tussen Robertson en Swellendam (omtrent 55 km uitmekaar) was daar 5 rivier oorgange wat die twee kante van die rivier gekoppel het.

  1. Keizers River Bridge tussen Roberson en Mc Gregor.
  2. Die “Rooi brug” (ook bekend as die Grier-brug of “Red Bridge”) – by Van Loveren.
  3. Die Plaat by Bonnievale.
  4. Bonnievale Groot brug wat na die N2 gaan.
  5. Drew se Brug, 10 km vanaf Bonnievale

Baie van die brûe kom vanaf die vroeë 1900, en meeste meer as 100 jaar oud.
Daar was die afgelope 20 jaar paar groot vloede, maar die brûe het gehou.
Maar na die vloed is van die 5 oorgange vier BAIE erg beskadig, net die Bonnievale groot brug nog staande.

Sien hier onder foto’s.

Dit is hoe die Breë rivier die oggend na die vloed net buite Bonnievale gelyk het, die rivier is gewoonlik so tussen 50 en 100 meter wyd.

Hier onder Keizers River Bridge tussen Roberson en Mc Gregor.

Hier onder die “Rooi brug” (ook bekend as die Grier-brug of “Red Bridge”) – by Van Loveren.

Hier onder Die Plaat by Bonnievale.

Hier onder: Bonnievale Groot brug wat na die N2 gaan.

Die Drew-laagwaterbrug (Drew Low water bridge) is ’n bekende laagwaterbrug op die Gelukshoop-pad naby die landelike nedersetting Drew, geleë in die Langeberg Munisipale area van die Wes-Kaap