Die vloede in die Wes-Kaap by die Breë Rivier Meimaand 2026

Die vloede in die Weskaap by die Breë Rivier was grootste in meer as 100 jaar. Die water kom hoofsaaklik vanaf Ceres/Slanghoek omgewing wat baie reën gekry het.

Baie huise en ander eiendomme wat bo die “100 jaar vloedlyn” gebou is het in die slag gebly. Skade aan boorde en wingerde was ook baie groot.

Die piek van die vloed was vir net vir omtrent 24 uur, na 2 dae was die rivier weer “normaal”.

In Bonnievale self het die rivier omtrent 300 to 400 meter na die kante oor die walle gestroom. Main Road in Bonnievale wat nogal ver van die rivier af is was gedeeltelik onder water.

Na amper twee weke het baie dele langs die rivier nog nie weer krag nie.

Baie van die kanaal stelsels wat besproeiing water voorsien het ook erg skade gekry.

Tussen Robertson en Swellendam (omtrent 55 km uitmekaar) was daar 5 rivier oorgange wat die twee kante van die rivier gekoppel het.

  1. Keizers River Bridge tussen Roberson en Mc Gregor.
  2. Die “Rooi brug” (ook bekend as die Grier-brug of “Red Bridge”) – by Van Loveren.
  3. Die Plaat by Bonnievale.
  4. Bonnievale Groot brug wat na die N2 gaan.
  5. Drew se Brug, 10 km vanaf Bonnievale

Baie van die brûe kom vanaf die vroeë 1900, en meeste meer as 100 jaar oud.
Daar was die afgelope 20 jaar paar groot vloede, maar die brûe het gehou.
Maar na die vloed is van die 5 oorgange vier BAIE erg beskadig, net die Bonnievale groot brug nog staande.

Sien hier onder foto’s.

Dit is hoe die Breë rivier die oggend na die vloed net buite Bonnievale gelyk het, die rivier is gewoonlik so tussen 50 en 100 meter wyd.

Hier onder Keizers River Bridge tussen Roberson en Mc Gregor.

Hier onder die “Rooi brug” (ook bekend as die Grier-brug of “Red Bridge”) – by Van Loveren.

Hier onder Die Plaat by Bonnievale.

Hier onder: Bonnievale Groot brug wat na die N2 gaan.

Die Drew-laagwaterbrug (Drew Low water bridge) is ’n bekende laagwaterbrug op die Gelukshoop-pad naby die landelike nedersetting Drew, geleë in die Langeberg Munisipale area van die Wes-Kaap

Comments are closed.