Safex Verhandeling Risiko Waarskuwing: Die dokumente en grafieke in die Blog is die opinie van die skrywer en is nie ‘n aanbeveling vir enige transaksies of besluite nie. Verhandeling op Safex en Kommoditeit markte met instrumente wat hefboom (gearing) het hou groot risiko is. Jy kan baie meer verloor as wat jou marge deposito is. Die markte is nie geskik vir alle produsente en spekulante nie.
Met CBOT wat maar Bearish lyk afgelope 2 weke, en ons pryse wat ook die week onder druk was, sal ons moet sien wat volgende paar weke gaan gebeur as die stropery spoed optel.
Onthou dit is moontlik om die Opsie 3 Way te beskerm (of lang futures toe te maak).
Daar is natuurlik soos alle Safex posisies kans dat jy verkeerd gaan wees.
Dit lyk altyd makliker na die tyd as wat die grafieke dit laat lyk.
Kontak my asb as julle belangstel.
Metode:
Ek probeer dit op ‘n Expert baseer wat ek al lankal gebou het, in ander woorde meganiese besluite.
Dit haal die emosie effens uit besluite.
Kyk na die voorbeeld hier onder.
Ek gebruik die 30 min grafiek met die GrainTech 5 Expert om die Trend te bepaal.
ROOI is Bearish, GROEN is Bullish.
Vir die trigger om posisies in te neem gebruik ek die 10 min Grafiek.
Daar kyk ek na die Expert se ROOI en GROEN Candles, maar ook na die Stochastic se Continuation trades wat op die 10 min grafiek deur die SELL of S simbole aangedui word.
Voorbeeld:
Kyk na die 30 min Grafiek wat ROOI gekleur het op omtrent 20 Junie. Trend is dus nou Bearish.
Kyk na die 10 minute grafiek vir dieselfde periode (blou stippel lyn blok).
Fokus op die SELL en S, ROOI pyle, veral belangrik dat die Stochastic ook terugtrek na bo die NUL lyn en dan weer kruis vir ‘n SELL.
Alhoewel dit nie perfek is nie, sou ‘n verkoop op amper al die SELL seine op die 10 min grafiek ‘n goeie resultaat gegee het.
Sodra die TREND op die 30 min weer GROEN kleur moet ons wins vat op al die kort posisies.
Ons kan natuurlik enige tyd wins op die kort posisies neem.